top of page
Aktiwiteite

 Gemeente-Aktiwiteite &   Fotoalbum  

Waar gelowiges hande vat en die aangesig van die Here soek, verander sake.

 

Word deel van ons aksies en bou saam aan ons Here se koninkryk hier op aarde.  Hou asseblief die weeklikse aankondigings dop vir veranderinge aan of byvoegings tot die program. Meeste aksies vind net plaas gedurende die skoolkwartale.  Die Sondagoggend-eredienste word egter nie deur vakansiedae beïnvloed nie. Raadpleeg ook die gemeentekalender vir meer inligting.

NG Gemeente Faerie Glen buig in aanbidding voor U neer.

Gemeente-Aktiwiteite

Fotoalbum

Fotoalbum

Januarie - Desember 2016

 

In ons gesinsdienste smelt 'n erediens en kategese vir ons jong lidmate saam.  Ouers sit saam met hul kinders by tafels en neem deel aan die aktiwiteite wat die boodskap van die oggend vaslê.  Sodoende het die ouers eerstehandse kennis van wat hul kinders by kategese leer en neem hulle verantwoordelikheid om die boodskap deur die loop van die week in te skerp. 

23 Oktober 2016

 

Ons het lekker gekuier en geëet en gespeel by ds. André en tannie Tina.  Maar hulle het ons met 'n slap riem gevang:  ons moes nog hard werk ook!  Ons het versierings vir die Partytjie vir Jesus gemaak wat ons later vir die mense in die kerk gehou het.

Januarie - Desember 2017

 

Soekie en die Radikids sing 'n vrolike liedjie:  “Dis so lekker om die Here te dien.”  Dit is presies wat ons leer wanneer ons by die gesinsdienste is.  Saam met ons ouers leer ons wie Jesus is en dat Hy vir ons 'n lewensafrigter is.  Ons oefen by die gesinsdiens om by die huis en by die skool te lewe soos Hy wil.

Paasfees is 'n hoogtepunt op ons gemeente se kalender.  Donderdagaand bied ons 'n besondere ervaringsnagmaal in die saal aan, Vrydagoggend 'n erediens met die hoogtepunt op Sondagoggend.  Dit bestaan uit die erediens en ons Fees van die brode direk na die erediens in die saal.

Nagmaal is 'n fees waar ons die liefde en teenwoordigheid van ons lewende Here vier.  Wanneer ons Nagmaal vier, sit ons die fees voort deurdat ons direk na afloop van die erediens in die kerk saam eet in die saal. 

Hierdie entoesiastiese dames kom elke tweede Donderdag van die maand om 09:00 by die kerk bymekaar.  Hulle maak die mooiste handgemaakte artikels wat aan hulpbehoewendes geskenk word.

Ons het vanjaar piekniek gehou in ons kerksaal.  Al die groepe en aksies van die gemeente het geleentheid gekry om 'n Kerslied te sing.  Die kreatiwiteit was verstommend, die saamwees verrykend en die verheerliking van ons Heiland wat gebore is, vervullend.

Ons kerkraadsvergaderings skop elke keer af met 'n kuier en iets om te eet, maar as 'n mens 'n ding geniet, wil jy mos nog meer hê!  Toe besluit die eerwaarde kerkraad om 'n ordentlike kuier te reël!

“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie...” Maar as ons die hele jaar lank wonderlike voeding van die brood van die lewe by die Bybelstudie ontvang het, kan ons mos die jaar afsluit met heerlike brood en saam kuier.

Please reload

bottom of page