NG Faerie Glen
Predikante
Dr. Retha Kruidenier
Voltydse predikant
Dr Retha Kruidenier het grootgeword langs die Mooirivier in Potchefstroom. Sy woon al die grootste gedeelte van haar volwasse lewe in Pretoria. Sy het
haar PhD in Pastorale Familie Terapie aan UP behaal. Dr Retha het ‘n
groot passie vir die bediening en geniet veral pastoraat en prediking. Sy is
getroud met Henk, ‘n Geo-Hidroloog. Hulle het drie kinders – Ruben, Sarita
en Talita. Ruben het sy graad in Stads – en Streeksbeplanning voltooi en
het sy eie besigheid. Sarita studeer Grondslagfase onderwys aan UP. Talita
is vanjaar in matriek in Afrikaans Hoër Meisieskool.
Die gesin se gunsteling vakansieplek is Glentana in die Suid-Kaap. Hulle gaan
ook graag na die familieplaas naby Griekwastad in die Noord-Kaap. “Ons sien met groot verwagting en opgewondheid uit na ons nuwe reis saam
met Faerie Glen gemeente. Ons beskou dit as ‘n baie groot voorreg”.
Dr. Dieter de Bruin
Deeltydse predikant
Dieter het in Randburg groot geword en in Pretoria kom studeer. Die liefdes van sy lewe is sy vrou, Willeke, en hul twee dogters.
Voor hy na Faerie Glen in 2020 beroep is, was hy betrokke by multi kulturele-, studente- en gemeentebediening in die Moot en Weste van Pretoria.
Dieter fokus daarop om saam met mense sin in die lewe te vind deur by waters tot rus te kom, diep te luister en aan tafel brood te breek.