NG Faerie Glen

'n Tikkie Geskiedenis
Pensketse van ons kerkgebou
Rondom 1987 het 'n reeks artikels in die 'Beeld' verskyn met die titel: "Bakens in die Ooste van Pretoria." Ons kerkgebou is ook in daardie reeks genoem en sketse van die kerkgebou is deur die argitek Hannes Meiring gemaak en saam met die artikels gepubliseer. Ds. Henry van der Schyff, wat destyds een van ons predikante was, het met mnr. Meiring se kantoor geskakel en gevra of hy die oorspronklike sketse kon kry. Ds. Henry vertel dat mnr. Meiring gevoel het dat die sketse nie goed genoeg was nie, dat hy dit oorgedoen het en die verbeterde sketse aan ds. Henry geskenk het. Die sketse is geraam en het nog altyd in ds. Henry se studeerkamer gehang, eers in sy pastorie terwyl hy nog predikant van ons gemeente was en later in sy kantoor toe hy die uitvoerende amptenaar van die Oostelike Sinode was. Aan die einde van 2016 het hy afgetree en het hy die sketse aan die gemeente geskenk. Voorwaar iets om op trots te wees.
![]() | ![]() |
---|